Margot Luyt

Margot Luyt

Voordat ek inslaap …

Poësie voer my dikwels so ver weg dat my eie angs, verlange en melancholie verflou. Die woorde, die emosie ontvoer my na plekke wat ek nie ken nie, maar dikwels oor droom. Plekke waar ek myself kan omvou met die atmosfeer van die vers. Kom luister na verse oor liefde – alle soorte liefde. Liefde vir die ongebore kind maar ook liefde tussen volwassenes en bejaardes. 

Margot Luyt is vanaf 1978 by radio en televisie betrokke. Haar spesialiteit is die drama, maar sy het ook hoorbeelde gemaak, musiekprogramme opgestel en aangebied, ook poësieprogramme, die kunsprogram, verbruikersprogramme, ensovoorts. Sy het ook ’n paar Artesse ontvang as regisseur en vertaler asook 'n paar ATKVveertjies en die Akademie se erepenning vir 'n hoorbeeld. Haar passie is die radio en haar leuse (wat haarself telkens pootjie) is: Wat reg is, is reg en wat amper reg is, is helaas verkeerd … Eina!