Gaireyah Fredericks

Gaireyah Fredericks

Kaaps is Hollands 

Opwindend, humoristies, skerp en kragtig. Met oeroue tradisie van storievertel om die ghellieblik, praat die gedigte van die alledaagse lewe in 'n baie kreatiewe manier en siening. Intens en gevoellig vertolk die digter, Gaireyah Fredericks saam 'Die Mengelmoesdigters', 'n emosionele ervaring van die lewe in Kaaps, eg aan ons eie Suid Afrika. 

Skryf onder leiding van Diana Ferrus nou al 5 jaar en lees werk by die Tuin van digters, Woordfees en die Amerikaanse konsolaat. 

Ek is deel van die digtersgroep Die Mengelmoes digters en publiseer in McGregor Anthology 2014 & 2015, sowel as die McGregor Qaurterly Poetry booklet 'stanzas'. 

Ek geniet ook die eer om saam ander Kaapse skrywers die publikasie, 'Kaapse stem' te publiseer met beide gedigte en kortverhale. 

Tans werk ek aan 'n projek met Antjie Krog en hoop om hierdie jaar nog te publiseer.