Francois Kriel

Francois Kriel

KINKY KIETSIE 

Kinky Kietsie is n versameling eerlike gedigte uit die dagboek van n verbitterde misantroop. Francois Kriel vertel van sy geestelike herlewing deur seks en die mense wat hom help genees het.

Francois Kriel het so ver 35 jaar op aarde oorleef ten spyte van fanatiese robotte, tiener vampiere en homself. Tussen deur jammer se, tuin maak en dagdroom kry hy soms kans vir skryf en kitaar speel. Van sy gedigte het onlangs uit sy fascistiese blog ontsnap en vind tans politieke asiel op Litnet.