Ernie Mellet

Ernie Mellet

Werkswinkel vir Amateurdigters

Aangebied deur ERNIE MELLET, Hoofraadgewer van die Amateur Skrywers Bond wat op die oomblik meer as 110 skrywers en digters regoor die land gratis help met hulle skryfwerk. Deel van ATKV Suurbraak wat in 2015 en 2016 Merietetoekennings van ATKV HK ontvang het vir hulle Bevordering van die Afrikaanse Taal. Ernie is die skrywer van die romans Die Dood het Agt Pote, Moeder…dis Obed! en Toring van Versoeking, die aandenkingsboek Vetlampie se Tyd en die gids Storie Skryf is Lekker! met die werk van 23 nuwe skrywers en digters. Riglyne vir Amateurskrywers en Digters het pas uit sy pen verskyn. Die eerste deel is ‘n Handleiding en die werk van 40 nuwe Afrikaanse skrywers word onder die titel Juwele uit Stowwerige Laaie aangebied as tweede deel. Die manuskrip is op die oomblik by ‘n Uitgewer vir oorweging.

Ernie is ‘n roman- en dramaskrywer wat pas ‘n nuwe boek “Riglyne vir Amateurskrywers – ‘n Gids vir Grondvlakskrywers en Digters” voltooi het. Die eerste deel bevat praktiese opleiding terwyl die tweede deel 120 skrywes van 40 nuwe skrywers en digters insluit. Ernie se vorige boek Storie Skryf is Lekker! sal te koop wees teen net R50 en elke teenwoordige sal ‘n gratis kopiĆ© van sy drie-roman Trilogie van Spanning ontvang.


No comments:

Post a Comment