Diana Ferrus

Diana Ferrus

en die Mengelmoesdigters 

Ons aanbieding sal in drie tale wees, een digter skryf in Venda. Ons sal gedigte oor verskillende onderwerpe lees maar met die klem op die rykheid van tale. So byvoorbeeld gaan ons ook in Kaaps lees, Mengels (Engelskaaps) en natuurlik Venda. 

Diana Ferrus en die Mengelmoesdigters tree nou al vir die derde keer by die McGregor fees op. Die groep het onder leiding van Diana 'n kreatiewe skryfgroep wat elke tweede Saterdag by die Breytenbach-sentrum in Wellington bymekaar kom. Die groep beoog om 'n gesamentlike bundel van gedigte by die einde van 2016 uit te bring. Verskeie lede van die groep het al gepubliseer en twee behoort in 2016 hulle eie bundel uit te bring. U kan die Mengelmoesdigters en Diana Ferrus op Faceboek kry. Besoek gerus die Diana Ferrus Pages op Facebook asook "I've come to take you home" die boek.