Annerie Peterson en Alison Els

Annerie Peterson (gedigte) en Alison Els (skilderye)

Deur die spieël van jouself/ Through the looking glass of yourself 

Hierdie aanbieding bestaan uit 4 afrikaanse en 4 engelse gedigte wat voorgelees en bespreek sal word met skilderye wat dit komplimenteer. Elkeen stel ‘n beeld voor van my reis deur afhanklikheid aan voorgeskrewe medikasie. Hoe ek die terugkryging van myself gevind het, dat genesing ‘n voorgesette ingesteldheid is en ‘n testament van hoe ongelooflik die menslike siel is! 

Geboorte datum: 1978/05/16. Ek was nog altyd ‘n dromer. As klein dogtertjie was ek gelukkig genoeg om in Tokai bos naby Kaapstad groot te word. Die natuur het my nog altyd gevul met wonder en was belangrike gereedskap in die vroeë ontwikkeling van my storie vertelling. Ek het begin dig ‘n paar maande nadat my seun gebore is (Alex, hy is nou 14). Eers was dit woorde wat net moes uit, later het dit ‘n tipe terapie geraak en nou is dit ‘n volle passie wat ek gebruik om die beelde en konsepte in my vlerke te gee – poetiese geregtigheid is een van die kragtigste mediums beskikbaar in die skeppende kunste en my nis! I am a small town girl, wat verkies om in kleiner dorpies te woon en die laaste 4 jaar is ek befooregt genoeg om Vishoek in die Suidelike Peninsula my vallei te noem saam met my seun en sy pa. Ek het die wêreld nog altyd deur ‘n eksentrieke kaleidoskoop met te veel of te min kleur gesien, maar meeste van die tyd optimisties! En dit ,het ek geleer ,is my saving grace! ‘n Paar maande terug het ek my eie facebook page begin waarop ek my gedigte publiseer en het ‘n gehoor opgebou wat my werk begin volg en ondersteun het wat my die selfvertroue gegee het om my werk met meer mense te begin deel! Dit is soms moeilik om sulke persoonlike werk daar buite te sit, maar wanneer ek hoor my werk inspireer mense is dit die moeite werd! Ek het BA- Uitgewerswese vir ‘n jaar op Tukkies geswot (opgeskop na ‘n jaar en toe Stellenbosch college toe), maar nooit weer enige tale of poësie daarna bestudeer nie. So ek dink ek is maar net gebore met ‘n natuurlike liefde vir woorde aanmekaar sit in ‘n gotiese herleweing van die romantiek maar ook die makabere!