Tuesday 12 April 2016

Invitation to participate in the 2016 McGregor Poetry Festival (26 to 28 August 2016)


It is our pleasure to announce that the next McGregor Poetry Festival will take place from the 26 to 28th of August 2016.

Poets (International and local, published and unpublished) who would like to be considered for participation are invited to submit a proposal for our consideration. We are particularly looking for presentations that are original and creative to enhance our programme and entertain our audiences.

Guidelines for submissions:
  • Describe your presentation in approximately 50 words and include a short title
  • Ensure that your presentation is between 30 to 40 minutes duration
  • Your presentation may be in English or Afrikaans, or bilingual. We are also open to welcoming poets performing in the other official South African languages as well but our audiences at this stage are predominantly Afrikaans and English speaking
  • Be innovative and creative and feel free to collaborate with fellow poets and present a combined performance, discussion, interview etc
  • Include a short biography of yourself plus any links to websites, publications etc
  • Submissions must be emailed to info@mcgregorpoetryfestival.co.za / posted to PO Box 361, McGregor 6708 / faxed to 086 756 0864 / hand delivered to Temenos Retreat Office, corner Bree and Voortrekker Streets, McGregor
  • Enquiries: Jennifer Johnson 023 625 1908 / 084 675 1164
  • Closing date: 30 April 2016
  • If you have not heard from us by 20 May 2016, this will mean that your proposal to be included in our main programme was unsuccessful but you are more than welcome to participate in one of the Open Mic sessions that will be included in the festival programme
  • Please note that you must arrange your own transport to McGregor and secure your own accommodation. We have a wide range of accommodation on offer in our village and we will gladly assist you with queries


Uitnodiging om aan die 2016 McGregor Gedigtefees deel te neem (26 tot 28 Augustus 2016)

Ons is bly om aan te kondig dat die volgende McGregor Gedigtefees vanaf 26 tot 28 Augustus 2016 sal plaasvind.

Digters (Internasionaal en plaaslik, gepubliseerd en ongepubliseerd) wat graag oorweeg wil word vir deelname, word hiermee uitgenooi om ’n voorlegging in te dien vir oorweging. Ons soek veral na oorspronklike en kreatiewe aanbiedings wat waarde sal toevoeg tot ons program en ons gehore sal stimuleer en vermaak.

Riglyne vir voorleggings:
  • Beskryf jou aanbieding in ongeveer 50 woorde en sluit ’n titel in.
  • Maak seker dat jou aanbieding tussen 30 en 40 minute lank is.
  • Die aanbieding mag in Afrikaans of Engels en selfs tweetalig wees. Ons verwelkom ook digters wat in enige ander van ons amptelike landstale optree, maar jy moet bewus wees daarvan dat ons gehore tans hoofsaaklik Afrikaans en Engels is.
  • Wees innoverend en kreatief en jy is ook vry om saam met ander digters op te tree met gekombineerde aanbiedings, besprekings, onderhoude, ens.
  • Stuur asb. ’n kort biografie van jouself, plus enige skakels na webtuistes, publikasies, ens.
  • Voorleggings moet gestuur word aan info@mcgregorpoetryfestival.co.za / Posbus 361, McGregor 6708 / faks 086 756 0864 of per hand afgelewer word by Temenos Retreat kantoor, h/v Bree en Voortrekkerstraat, McGregor.
  • Navrae: Jennifer Johnson 023 625 1908 / 084 675 1164.
  • Sluitingsdatum: April 30 2016
  • Indien jy nie teen Mei 20 2016 van ons gehoor het nie, beteken dit dat jou voorlegging vir insluiting in ons hoofprogram, nie suksesvol was nie. Jy is dan steeds welkom om aan een van ons oop-mikrofoon sessies tydens die fees deel te neem.
  • Neem asb. kennis dat jy vir jou eie vervoer na McGregor verantwoordelik sal wees en jou eie akkommodasie moet reël. Ons het ’n groot verskeidenheid akkommodasie moontlikhede in die dorp beskikbaar en sal jou graag help met navrae of inligting.

No comments:

Post a Comment