Tuesday 17 November 2015

Peaches en Paula by Diana Ferrus

Peaches en Paula

Diana Ferrus


Peaches en Paula

met babas aan hul sye

en lywe waarin naalde bly –

hoe word gedagtegang

’n elle lange seisoen

waar die son se strale niks meer doen

waar die wind se bittere slae

oneindig teen die venster kla

waar reën, wat aanhoudend teen die dak

wilskrag al verder in die grond laat sak

waar die hartklop vir leef al verder wegsweef?


Hoe vorm ons ’n ander seisoen –

een in die middel van die vier

waarin die geel son

saam met die sneeu, wit feesvier –

hoe skep ons ’n reën, ’n strelende wind

wat outomaties die fout met ’n herstel bind –

hoe stil ons die verlange van die kind?


From: McGregor Poetry Festival 2014 Anthology

First published in 2015 by African Sun Press
in association with The McGregor Poetry Festival Committee
ISBN 978-0-620-64600-0

The Poet:


Diana Ferrus is a writer, poet, performance poet, story-teller, editor and publisher, best known for her epic poem about the Khoisan woman, Sarah Baartman, whose remains were on display in Paris until 1986. She is a founder member of the Afrikaanse Skrywersvereniging, Bush Poets and Women in Xchains. Her works, in both Afrikaans and English, have been published in various anthologies and a collection, Ons Komvandaan.






Previously published:

Diana Ferrus: I’ve come to take you home; Obsession; and The journey from her collection I’ve come to take you home.

No comments:

Post a Comment