Sunday 17 May 2015

Werfjoernaal Mei 2015

Ek was reeds diep in my middeljare toe ek eendag 'n groep mense op televisie sien Tai Chi doen het. Ek was dadelik verlief op die vloeiende byna hipnotiese bewegings en het begin soek na 'n meester wat kans sou sien vir so 'n bleeksiel soos ek wat nog nooit enige sport beoefen het nie.


Ek oefen gereeld Tai Chi op die werf voor my bakoond saam met 'n klein groepie dorpenaars wat dapper genoeg is net na dagbreek saam met my in te val.

Volgens oorlewering dateer Tai Chi uit die vroegste eeue en is gegrond op die waarneming van diere en jagters. Hierdie gedig is geskryf as deel van 'n skryfoefening saam met Anne Schuster. Ons moes een versreel oor en oor gebruik en elke keer net die woordorde omruil. Ek het dadelik aan die sirkelgang van Tai Chi gedink, en spesifiek aan die die motief "grasp the sparrow's tail".


No comments:

Post a Comment