Sunday 3 May 2015

Videopoetry: Brood




Brood



ek voel vanoggend vol klonte

soos meel en gis en water

rofweg gemeng in ’n bak

nog vreemd vir mekaar



laat my met rus

dek my liggies toe

met ’n sagte lap



kort voor lank is ek anders

ek het een geword

ek is wakker

ek is lewendig



ek lig my uit die mengbak

begin myself ritmies knie

uitrek en weer toevou

na vyf minute is ek buigsaam soos jong vel

bruisend van inwendige vreugde

gereed vir die gisting van die dag se gebeure



ek is perfek gevorm

in ’n lap van sagte oranje

rys ek nou uit

in die volheid van die tyd




verwarm my teen jou hart

tot my kors oopspring en glimlag

maak my wakker uit my tere groei

tot ek groot en bruin en knappend is

gereed om gebreek te word

en lewe te gee




POET

Hester van der Walt



No comments:

Post a Comment