Saturday 21 March 2015

Worcester huis van hoop tien jaar

Vir Sonja du Toit – 1 Junie 2013

Floris Brown



Woestyn in die hart van ’n brose vrou
Oor jare ’n hoë skansmuur gebou koud
Rou snikke deur die nag roep uit na GOD
Christene wéét glo dit is nié hul lot
En kom klop aan ’n deur gemaak van GOUD
Sonja du Toit die visioenêre vrou
Teken op GOD se Klei Tablette haar droom
En as woede oor haar angsvroue sak
Roep sy hul in om te skuil onder haar dak

Hoe ver moet ek nog buig om heel te maak?
Uit as, dwelms is ’n Godgewe taak
In die koue uur van jou alleen wees
Stap ék saam met jou en die HEILIGE GEES

Vanoggend het daar nuwes geklop vir HOOP
Aand-na-aand kon ek hul hartseer doop in stroop
Na heling hulle op SY paaie laat loop

Hier is LIEFDE HOOP GENADE RESPEK
Om kop te lig. Vir GOD te sê: “Hier is ek”
Om aan SY voete van SY kruis te kniel
Prontuit te sê: “Ék is GOD se Nuwe Siel”


Teen die skemeruur met die volmaan se skyn
Is ék die OSCARVROU moedig en rein
Ek hoor die mooi van die see mét sy storm
Nadat GOD my gegiet het in SY nuwe vorm

JOU liefde wat ek in die boesem van my hart se
Asse dra, spoel oor van geslag tot geslag
Angstig geduldig wag ek om U stem te hoor
Roep, wanneer kinders in hul heel huise weer lag ...



From: McGregor Poetry Anthology 2013
Published by African Sun Press in association with the McGregor Poetry Festival
ISBN number 978-0-620-62302-5



The Poet:

Floris Brown is an award-winning poet from Worcester who has published thirty-four collections. He is chairman of the Breede Valley Poetry Society. He has performed his poetry on television and at festivals around the country. In 2012 he received the Orde Van Die Kruik and the Orde Van Die Goue Pen. In 2013, the Worcester Rotary Club presented him with a Merit Award for promoting Afrikaans.







Previously published:

Floris Brown: Worcester huis van hoop tien jaar; O My Gedigte Tuin; Nagstil uit Oppad Met Afrikaans, Cordis Trust Publikasie, ISBN: 978-0-9870397-2-9.

No comments:

Post a Comment