Tuesday 17 March 2015

McGregor Gedigtefees 2015


Kan jy glo, daar word beplan aan die derde Gedigtefees en vanjaar gaan die fees oor vier dae aangebied word. 27-30 Augustus 2015 Soos met die eerste was die 2014 Gedigtefees ook suksesvol aangebied. Digters van regoor Suid-Afrika asook gaste van Amerika en Holland het'n hoogs vervulde naweek geniet in ons mooi dorp in die hartjie van die Vallei van Wyn en Rose.

Die 2015 Gedigtefees gaan sonder twyfel weer 'n besonderse geleentheid wees.Ons verwag weer 'n groot getal digters wat vanjaar gaan deelneem, bekende Poësie ikone van Suid-Afrika asook opkomende nuwe talent.

'n Geleentheid om Digters van naderby te ontmoet en in 'n gesellige luim saam te kuier, by ons restaurante, kunsgallerye , lokale en teater. Temenos Retreat sal weer die sentrale punt van gebeurlikheid wees met 'n hele paar ander lokale regdeur die dorp.

Kom beleef spesiale oomblikke saam met digters wie hul skryfwerk, voorlesings, besprekings en werkswinkels met ons deel. Ander aanbiedings sluit onder andere in musiekuitvoerings, impromptu verse maak, oop mikrofoonsessies en filmvertonings.

Almal met 'n liefde vir Poësie en die Letterkunde , mag nie hierdie geleentheid misloop nie.


No comments:

Post a Comment