Werfjoernaal Blog

Die Blog sal gereeld verskyn soos ons nader beweeg aan die 2015 McGregor Gedigtefees. Ek wil graag fokus op die gebeure om en op die werf wat ek deel met my buurvrou en medeskrywer Suenel Bruwer-Holloway



By die eerste Gedigtefees in 2012 het Suenel en ek vir die eerste keer saam begin deelneem in 'n program met die titel Werfswerf, en verlede jaar het ons die tradisie voortgesit met Werfhonde en die honde van McGregor. Wie weet wat ons hierdie jaar gaan optower? Watch this space, soos hulle in die movies sê! Maar wat dit ook al gaan wees, een ding is seker. Dit gaan plaasvind in 'n nuwe venue, êrens tussen Suenel se werf en myne: Die Damfiteater.




Hester van der Walt

Ek is 'n inwoner van die dorp, waarskynlik meer bekend vir die brood wat ek bak as vir my skryfwerk. Ek is 'n kroniese leser en lees graag fiksie en alles wat voorkom, maar is besonder lief vir gedigte.